1. |
In 'n poging om graad 12-leerders wat die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen sal skryf te help, sal die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) deur middel van gemeenskapsradiostasies programme aanbied wat fokus op die voorbereiding vir die eindeksamen. |
2. |
Vakonderwysers en vakkundiges sal 'n reeks praatjies oor die radio uitsaai wat op vakinhoud, eksamentegnieke en studiewenke sal fokus.
|
3. |
Die programme sal deur die volgende radiostasies uitgesaai word:
Radiostasie |
Frekwensie |
Bush Radio |
89.5 FM |
Radio Zibonele |
98.2 FM |
Radio Weskus |
92.3 FM |
Radio Eden FM |
93.8 FM (George) 87.8 FM (Hessequa) 103.6 FM (Karoo) |
Radio KC |
107.7 FM |
|
4. |
Die program van elke stasie word by hierdie minuut aangeheg. |
5. |
Leerders, onderwysers en ouers kan ook vrae met betrekking tot die graad 12-eksamen deur middel van e-pos stel. Die adres vir hierdie doel is matricassist@pgwc.gov.za. Hierdie vrae sal deur die betrokke senior kurrikulumbeplanners en kurrikulumadviseurs beantwoord word. |
6. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement wens alle graad 12-leerders voorspoed toe met hulle voorbereiding vir die eindeksamen. |
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle graad 12-onderwysers en leerders. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2011:09:16
|
|