1. |
U word verwys na Kurrikulum VOO-minuut DCF 0007/2011 vir die logistieke reëlings vir die KABV-oriëntering en inhoudsopleiding vir alle onderwysers. Verwys asseblief na paragrawe 5 en 6 van die gemelde minuut vir algemene inligting oor die datums en tye van die oriëntering en opleiding.
Oriëntering:
1.1 |
Dit begin om 15:00 op 'n Vrydag ná skool tot 17:00 en gaan op die Saterdag vanaf 08:00 tot 17:00 voort. |
1.2 |
Bywoning is verpligtend vir alle onderwysers. |
Opleiding:
1.3 |
Dit sal vir twee volle dae gedurende die Septemberskoolvakansie vanaf 08:00 tot 16:00 plaasvind. |
1.4 |
Onderwysers sal opleiding oor die nuwe inhoud in die KABV ontvang. |
|
2. |
Met verwysing na daardie minuut kondig ons hiermee aan dat KABV-oriëntering en inhoudsopleiding vir onderwysers van graad 10-vakke met 'n klein inskrywingstal deur die Hoofkantoor gereël is. |
3. |
Die aangehegte addendum verskaf die vakke, datums, tye en lokale vir hierdie oriëntering en opleiding.
|
4. |
Indien daar enige veranderings ten opsigte van die reëlings kom, sal skole deur die betrokke senior kurrikulumbeplanner ingelig word. |
5. |
Let asseblief daarop dat die oriëntering- en inhoudsopleiding in vakke met 'n groot inskrywingstal deur die distrikskantore gereël sal word, wat u aangaande die reëlings sal inlig. |
6. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle onderwyspersoneel. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2011:09:15
|
|