1. |
Hierdie Assesseringsminuut moet saam gelees word met Omsendbrief 0007/2011 van 28 Maart 2011, wat die finale rooster vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSS-eksamen) van Oktober-Desember 2011 vergesel. Die oorspronklike rooster wat Omsendbrief 0007/2011 vergesel het, moet onmiddellik vernietig word by ontvangs van hierdie aangehegde, gewysigde rooster. |
2. |
In die NSS-rooster is daar aanvanklik aangedui dat Religiestudies, Vraestel 2, geskryf sou word op 30/11/2011. Dit moet verander word na Donderdag, 01/12/2011. |
3. |
Verder is die datum van 01/12/2011 foutiewelik aangedui op die rooster as dit op 'n Dinsdag sou val, in plaas van op 'n Donderdag. |
4. |
Die inligting aangaande die twee betrokke eksamens moet dus gewysig word om soos volg te lees:
DATUM |
SESSIE |
TYD |
KODE |
ONDERWERP |
Donderdag, 01/12/2011 |
52 |
09:00 - 11:00 |
RLGS.2 |
Religiestudies Vraestel 2 |
Donderdag, 01/12/2011 |
53 |
14:00 - 17:00 |
DSGN.1 |
Ontwerp |
|
5. |
Prinsipale word versoek om hierdie inligting onder die aandag van al die kandidate wat die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen in Oktober-Desember aflê, te bring.
|
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2011:05:10
|
|