1. |
Ingevolge die bogenoemde Wet moet 'n opname van die betrokke gedelegeerde beamptes gereeld gedoen word. Aangeheg by Bylae A is 'n bygewerkte lys van die name van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se senior versoekbeamptes per hoofdirektoraat, versoekbeamptes per direktoraat en adjunkinligtingsbeamptes. |
2. |
Die belangrikste funksies van die bogenoemde beamptes word in die aangehegte Bylae B uiteengesit. |
3. |
'n Vriendelike beroep word op alle WKOD-beamptes gedoen om hulle volle samewerking aan hierdie beamptes te gee om te verseker dat versoeke om inligting onmiddellik aandag ontvang. |
4. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle personeel onder u toesig. |
GETEKEN: MM HARKER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010-05-05
|