1. |
Die Gesondheidskalender vir 2010 van die Gesondheidsbevorderingseenheid van Metro Distriksgesondheidsdienste is aangeheg. |
2. |
Die Direktoraat: Gespesialiseerde Onderwysondersteuning versoek skole en gemeenskapsleersentrums om hierdie bewusmakingsdae in hulle daaglikse aktiwiteite te inkorporeer om sodoende gesonder lewensgewoontes te ondersteun en te onderrig. |
3. |
Die Direktoraat versoek onderwysers, prinsipale en sentrumbestuurders om noukeurig aandag te gee aan die volgende:
Gesondeleefstyl-bewustheidsdag |
- 19 Februarie |
Gesondheidsbevordering-skoleweek |
- 17 - 21 Mei |
Kinderbeskermingsmaand |
- Junie |
Gestremdhede-Sondag |
- 29 Augustus |
Skole-VIGS-maand |
- September |
Internasionale Geletterdheidsdag |
- 8 September |
Nasionale Voedingsweek |
- 9 - 15 Oktober |
Wêrelddag vir die voorkoming van kindermisbruik en -verwaarlosing |
- 19 November |
Wêreldvigsdag |
- 1 Desember |
Internasionale dag vir persone met Gestremdhede |
- 3 Desember |
|
GETEKEN: JH LYNERS
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010-02-12
|