1. |
Norme-en-Standaardebefondsing vir gemeenskapsleersentrums (GLS'e) maak voorsiening vir die besoldiging van opvoeders, die besoldiging van die sentrumbestuurder en vir die aankoop van leer- en onderrigmateriaal, soos uiteengesit in die Prosedurehandleiding vir Sentrumbestuurders en terreinkoördineerders en IBB Omsendminuut 1/2007. |
2. |
Befondsing is terugwerkend en gebaseer op leerdergetalle soos vasgelê in die Onderrig en Opleiding van Volwassenes se Jaarverslag van die vorige jaar. |
3. |
Norme-en-standaardebriewe word jaarliks aan GLS'e gestuur en bevat die volgende inligting:
VOORBEELD 1: SENTRUM MET 'N VOLTYDSE KONTRAKSENTRUMBESTUURDER EN TERREINKOÖRDINEERDER
INSKRYWING: JAARLIKSE OPNAME |
BOOV |
246 |
VOO |
125 |
ANDER |
0 |
VOLTYDSE KONTRAKPOSTE |
DIENSSTAAT |
Sentrumbestuurder |
1 |
Satellietkoördineerder |
1 |
TOEKENNING |
BEDRAG |
Bestuur |
R 176,397 |
Onderrig |
R 262,066 |
Leer- en Onderrigondersteuningsmateriaal |
R 10,670 |
Totaal |
R 449,133 |
VOORBEELD 2: SENTRUM MET DEELTYDSE SENTRUMBESTUURDER
INSKRYWING: JAARLIKSE OPNAME |
BOOV |
0 |
VOO |
174 |
ANDER |
0 |
TOEKENNING |
BEDRAG |
Bestuur |
R 30,840 |
Onderrig |
R 73,042 |
Leer- en Onderrigondersteuningsmateriaal |
R 2,610 |
Totaal |
R 106,491 |
|
4. |
Sentrumbeheerliggame en sentrumbestuurders word daaraan herinner dat dit 'n uitdruklike vereiste van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) is dat sentrumbestuurders en terreinkoördineerders nie besoldig mag word met meer as die bedrag soos gespesifiseer in die Norme-en-standaardebrief nie. |
5. |
Die WKOD beskou 'n oortreding van hierdie beleid in 'n baie ernstige lig en sal nie huiwer om dissiplinêre stappe te doen teen GLS'e wat hulle nie daarby hou nie. |
GETEKEN: JH LYNERS
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010-06-14
|