1. |
Die Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir Onderwys in die Wes-Kaap is van voorneme om regulasies aangaande die registrasie van private sentrums vir die Onderrig en Opleiding van Volwassenes (OOV-sentrums) by die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) te promulgeer.
|
2. |
Die LUR het openbare kommentaar oor die konsepregulasies in Provinsiale Koerant 6695 (kopie aangeheg) van 8 Februarie 2010 versoek. 'n Elektroniese weergawe van hierdie Provinsiale Koerant verskyn op die WKOD-webwerf http:wced.wcape.gov.za.
|
3. |
Die finale datum vir die ontvangs van kommentaar is 23 Maart 2010.
|
4. |
Dit sal waardeer word as die bogemelde versoek onder die aandag van alle betrokke partye gebring kan word.
|
GETEKEN: JH LYNERS
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010:02:12
|