1. |
Die Kantoor van die Premier van die Wes-Kaap het die WKOD onlangs aangeraai om alle PPBOS-prestasieassesserings te finaliseer, met insluiting van die modereringsproses vir die 2009/2010-siklus, teen 28 Mei 2010.
|
3. |
Die aanvanklike datum wat gestel is vir die voorlegging van die finale prestasieassesserings, nl. 28 Mei 2010, is nou gewysig en verander na 30 April 2010.
|
4. |
Al die Bylaes (A - G) moet op die nuwe datum voorgelê word. Diegene wat alreeds Bylaes A, B, C1 en C2 ingelewer het, moet die res van die Bylaes teen die nuwe datum inlewer.
|
5. |
Lynbestuurders en toesighouers moet verseker dat al die Bylaes voltooi en onderteken word deur die gepaste beamptes.
|
6. |
Dit is van die uiterste belang dat die modereringsproses onmiddellik na 30 April 2010 begin, sodat moderering teen 28 Mei 2010 afgehandel kan wees.
|
7. |
Voorsitters en paneellede sal gekies word ingevolge die gestipuleerde modereringsvereistes, wat aangestuur sal word na die gekeurde beamptes in die loop van hierdie maand.
|
8. |
Dit is belangrik vir die verkose voorsitters en paneellede om 'n behoorlike modereringskedule op te stel om seker te maak dat moderering teen 28 Mei 2010 afgehandel sal wees.
|
9. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle openbare dienspersoneel onder u toesig.
|
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010:04:20
|