U aandag word gevestig op die volgende uittreksels uit die nominasiehandleiding:
"Die prinsipaal/sentrumbestuurder moet 'n nominasievergadering belê wat die skoolbeheerliggaam of sentrumbeheerliggaam (SBL) moet insluit, waar die nominasieproses bespreek word."
"Die personeel en die SBL-lede moet die kriteriavereistes van elke kategorie bestudeer en eienskappe of kenmerke opstel vir hulle genomineerdes wat sal ooreenstem met bepaalde gegewe kriteria."
"Wanneer geskikte onderwysers/spanne genomineer is, moet hulle name op die gegewe nominasievorms ingevul word."
"Distriksbeamptes mag ook nomineer in konsultasie met die skool/gemeenskap."
|