1. |
Die Kaapse Onderwys- en Leierskapinstituut (KOLI), in vennootskap met Macmillan Onderwyserskampus, nooi alle skoolhoofde uit om vir hierdie seminaar te registreer.
|
2. |
DATUMS
Datum | Plek | Tydsperiode | Teikengroep |
6 Maart 2010 | KOLI, Kuilsrivier | 08:30 - 14:00 | Prinsipale van Noord en Sentraal |
13 Maart 2010 | KOLI, Kuilsrivier | 08:30 - 14:00 | Prinsipale van Suid en Oos |
8 Mei 2010 | KOLI, Kuilsrivier | 08:30 - 14:00 | Prinsipale van Weskus en Kaapse Wynland |
15 Mei 2010 | KOLI, Kuilsrivier | 08:30 - 14:00 | Prinsipale van Overberg en Eden & Sentraal Karoo |
|
3. |
TEMA EN AANBIEDER
Die Beginsels en Praktyk van Skoolleierskap - aangebied deur Alan Clark.
|
4. |
ONDERWERPE
- Leierskap en bestuursbeginsels
- Persoonlike en professionele ontwikkeling
- Doeltreffende spanboustrategieë
- Die bestuur van onderwys en leer
- Skoolverbeteringstrategieë
- Motivering - teorie en praktyk
|
5. |
INLIGTING VIR DEELNEMERS
|
5.1 |
Die seminaargelde sal R100.00 wees, wat alle uitgifte en maaltye sal insluit.
|
5.2 |
Die volgende pryse sal toegeken word tydens die werkswinkels:
- Een volle stel Expert Educator Series Books (R600.00)
- Een Handbook of School Management (R395.00)
- Een Handbook of School Governance (R195.00)
|
6. |
LOGISTIEKE
Deelnemers van die landelike distrikte wat verder as 120 km per retoer reis, mag in die Kaapse Onderrig en Leierskapinstituut se koshuis vernag op die Vrydagnag voor die seminaar plaasvind. Akkommodasie sal betaal word deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD). Reiskoste sal egter nie deur die WKOD gedek word nie.
|
7. |
Indien u belangstel om die seminaar by te woon, voltooi asseblief die aangehegte Bylae A en faks dit aan mnr Andre Lamprecht by 021 900 5175 / 5162 / 5013, of e-pos dit aan alamprec@pgwc.gov.za een week voor die seminaar.
|
8. |
Die WKOD vertrou dat deelnemers hierdie seminaar as verrykend sal ervaar.
|
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010:02:12
|