1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) het opleidingskursusse in beroepsvoorligting vir graad 7 tot 9-Lewensoriënteringonderwysers gereël. Hierdie kursusse is deel van die WKOD se voortgaande verbintenis om te verseker dat slegs gekwalifiseerde onderwysers beroepsvoorligting in skole sal aanbied. Lewensoriënteringonderwysers word aangemoedig om in te skryf vir een van die kursusse wat hieronder uiteengesit word. |
2. |
Die opleiding word in twee kursusse verdeel: |
2.1 |
Vlak 1: Dit is 'n eendaagse aanvangsvlak-opleidingskursus wat toegespits is op graad 7 tot 9-Lewensoriënteringonderwysers wat nooit 'n kursus in beroepsleiding gevolg het nie. Dit sal onderwysers in staat stel om aansoek te doen vir 'n geakkrediteerde opleidingskursus op die volgende vlak. |
2.2 |
Vlak 2: Dit is 'n driedaagse SAKO-geakkrediteerde beroepsvoorligtingskursus wat oop is slegs vir onderwysers wat reeds die Vlak 1-kursus voltooi het. Hierdie gevorderde kursus verskaf aan Lewensoriënteringsonderwysers 'n erkende kwalifikasie vir die aanbieding van beroepsvoorligting by skole. |
3. |
Albei hierdie kursusse sal vanjaar aangebied word en is daarop gemik om onderwysers in staat te stel om leerders in die senior fase te lei om ingeligte keuses te maak aangaande hulle vakkeuses in die Verdere Onderwys-en-opleidingsband. Hierdie opleiding word beskou as uiters belangrik aangesien te veel leerders onvanpaste vakkeuses maak wat uitloop op swak prestasie of selfs vroeë skoolverlating. |
5. |
Opleidingskedule vir die vlak 1-eendaagse kursus
Hierdie kursus is oop vir alle graad 7 tot 9-onderwysers wat nog nie voorheen so 'n kursus gevolg het nie.
Datum en tyd |
Onderwysdistrik |
Plek |
Aantal onderwysers: |
Saterdag, 9 Oktober 201008:30 - 16:00 |
Metro-Noord |
Elsiesrivier Sekondêr, Haltweg, Elsiesrivier |
25 |
Metro-Sentraal |
Sentrum vir e-innovasie, Nooiensfonteinweg, Kuilsrivier |
25 |
Saterdag, 23 Oktober 201008:30 - 16:00 |
Metro-Suid |
Sentrum vir e-innovasie, Nooiensfonteinweg, Kuilsrivier |
25 |
Weskus |
Weston Hoërskool, Kootjieskloofstraat, Vredenburg |
25 |
Kaapse Wynland |
Klein Nederburg HS, Newmanstraat, Paarl |
25 |
Saterdag, 30 Oktober 201008:30 - 16:00 |
Eden & Sentraal- Karoo |
Môrester HS, Oudtshoorn |
25 |
Metro-Oos |
Sentrum vir e-innovasie, Nooiensfonteinweg Kuilsrivier |
25 |
Overberg |
Groenberg HS, Adamstraat, Grabouw |
25 |
|
|
Totaal |
200 |
|
6. |
Opleidingskedule vir die vlak 2-driedaagse kursus
Hierdie kursus is slegs oop vir onderwysers wat alreeds die Vlak 1-kursus voltooi het.
Datums en tye |
Onderwysdistrik |
Plek |
Aantal onderwysers: |
28 September 2010 - 30 September 201008:30 - 16:00 elke dag |
Metro-Sentraal Metro-Oos Metro-Noord Metro-Suid |
Sarepta HS, Weberstraat, Kuilsrivier |
50 |
Eden & Sentraal-Karoo Kaapse Wynland Weskus Overberg |
Esselenpark Sekondêre Skool, Buitekantstraat, Worcester |
50 |
|
|
Totaal |
100 |
|
7. |
Onderwysers van landelike distrikte sal vir reiskoste vergoed word. Onderwysers wat beplan om hierdie uitgawes terug te eis, moet die volgende inligting by die kursus beskikbaar hê:
- Persalnommer
- Enjinkapasiteit en die jaar van die fabrikaat van die voertuig wat gebruik is
- Afstand in kilometer vanaf skool na lokaal, en mylmeterlesings.
|
8. |
Onderwysers van landelike distrikte wat akkommodasie benodig, moet hulle eie reëlings tref. Hierdie opvoeders kan hulle eise vir akkommodasie-onkoste tydens die kursus en tot op die laaste dag van die kursus voordat hulle vertrek, indien. |
9. |
Prinsipale word versoek om die voltooide aansoekvorm (Bylae A) te pos, faks of e-pos vir die aandag van mnr J Sitzer, teen 27 Julie 2010. Die posadres en kontakbesonderhede is as volg
|
Hoof: Onderwys Aandag mnr J Sitzer Wes-Kaap Onderwysdepartement Kamer 8-73, 8ste Vloer Grand Central Towers Laer Parlementstraat Kaapstad 8000
Faksno.: 021 467 2258 of 021 467 2620.
E-pos: jsitzer@pgwc.gov.za
|
|
10. |
Prinsipale word daaraan herinner dat bywoning van hierdie kursusse in ag geneem kan word wanneer onderwysers se GGBS-assessering gedoen word. |
11. |
Vir meer inligting, skakel asseblief met mnr J Sitzer, Adjunkhoof-onderwyskundige Lewensoriëntering (AOO), by tel no 021 467 2199 of e-posadres jsitzer@pgwc.gov.za |
12. |
Prinsipale word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle Lewensoriëntering-onderwysers vir graad 7 tot 9 te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010-06-10
|