1. |
In 2009 het die nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBO) opdrag gegee dat die kurrikulum hersien moes word om probleme wat met die implementering van die Nasionale Kurrikulumverklaring ervaar is, te ondersoek. Een van die aanbevelings van hierdie oorsig is die voorsiening van gestandaardiseerde werkskedules/lesplanne aan alle skole ten einde onderrig en leer te verbeter.
|
2. |
In hierdie verband lewer die DBO tans die volgende kurrikulumondersteuningsmateriaal aan elke gewone openbare skool met graad 1 tot 6:
- Grondslae vir Leer: Grondslagfase: Lesplanne in Geletterdheid - graad 1, 2 & 3
- Grondslae vir Leer: Grondslagfase: Lesplanne in Gesyferdheid - graad 1, 2 & 3
- Grondslae vir Leer: Intermediêre Fase: Taallesplanne - graad 4, 5 & 6
- Grondslae vir Leer: Intermediêre Fase: Lesplanne vir Wiskunde - graad 4, 5 & 6
Elke skool sal een stel van die bogenoemde ondersteuningsdokumente ontvang, verpak in een drukbooglêer per graad. Elke stel bevat lesplanne alleenlik vir Kwartaal 1 en 2.
|
3. |
Daarbenewens ontvang elke skool wat graad R-klasse het, ook die Grondslae vir Leer: Graad R-hulpbronstel in die skool se taal van leer en onderrig (TLO). Hierdie materiaal word in 'n houer aangebied.
|
4. |
Skole word versoek om te verseker dat
- die besending teen die einde van Januarie 2010 by die skool aangekom het,
- al die betrokke dokumente ingesluit is, en
- die dokumente in die TLO van die skool is.
|
5. |
Skole word versoek om enige nie-aflewering, tekorte of verkeerde taalweergawes aan die kurrikulumbestuurder by hulle onderwysdistrikskantoor te rapporteer en die aangehegte vorm (Bylae A) vir die doel te gebruik.
Die kontakbesonderhede van die distrikskurrikulumbestuurders is soos volg:
|
6. |
Kurrikulumadviseurs sal advies kan voorsien indien enige skole hulp benodig met die gebruik van hierdie ondersteuningsmateriaal.
|
7. |
Die WKOD verwelkom hierdie addisionele ondersteuningsmateriaal en vertrou dat skole dit nuttig sal vind in ons gesamentlike poging om die lees-, skryf- en rekenvermoëns van ons leerders te verbeter.
|
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010:02:01
|