1. |
Opleidingskursusse oor die inhoud wat betrekking het op die Persoonlike Welsyn fokusarea is gedurende Junie 2010 in die distrikte vir onderwysers aangebied. |
2. |
Nog 'n driedaagse opleidingskursus oor dieselfde inhoud sal op 29 en 30 September en 1 Oktober 2010 aangebied word vir onderwysers wat nie die kursus in Junie 2010 bygewoon het nie. |
3. |
VOO Lewensoriëntering-onderwysers wat nie die Junie-werkswinkels bygewoon het nie, word uitgenooi om hierdie tweede werkswinkel by te woon, waar die gebruik van die materiaal van Vandag se Keuses uiteengesit sal word. |
4. |
Die werkswinkel sal elke dag om 08:30 'n aanvang neem en om 17:00 ten einde loop. |
5. |
Die kursus sal aangebied word by Bernadino Heights Sekondêre Skool, La Bohemeweg, Kraaifontein. |
6. |
Onderwysers word versoek om die aangehegte registrasievorm te voltooi (Bylae A) en te faks na mev Hazel Visser, Direktoraat Lewensvaardighede en MIV/VIGS by faksnommer 086 567 9334 voor 30 Augustus 2010. Mev Visser kan gekontak word by tel no 021 467 2631. |
7. |
Onderwysers van landelike distrikte sal vir reiskoste vergoed word. Diegene wat van voorneme is om vir hierdie uitgawes te eis, moet die volgende inligting beskikbaar hê by die kursus:
- PERSAL-nommer
- Enjinkapasiteit van die voertuig wat gebruik is en die jaar van die fabrikaat
- Kilometerafstand van die skool na die opleidingsentrum.
|
8. |
Onderwysers van landelike distrikte wat akkommodasie benodig, moet hulle eie reëlings tref. Hierdie onderwysers moet hulle eise voorlê op die laaste dag van die werkswinkel voor hulle terugkeer. |
9. |
Prinsipale word versoek om hierdie minuut onder die aandag van die Lewensoriëntering-onderwysers vir graad 10 tot 12 te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010-08-02
|