1. Inleiding
Praktiese assesseringstake (PATs) is deur die Nasionale Departement van Onderwys (DVO) opgestel in geselekteerde vakke. Hierdie praktiese assesseringstake word intern by skole geassesseer en dan ekstern binne die provinsie gemodereer.

2. Vakke wat 'n PAT insluit:
2.1 Landboubestuurspraktyk, Landboutegnologie;
2.2 Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste;
2.3 Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie;
2.4 Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme;
2.5 Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Ingenieursgrafika en -ontwerp, Meganiese Tegnologie.

3. Assessering van PATs
3.1 Die DVO-riglyne vir die assessering van praktiese assesseringstake vergesel hierdie Assesseringsminuut.
3.2 Ingesluit tot hierdie minuut is 'n CD wat die 2010 praktiese assesseringstake bevat.
3.3 Die praktiese assesseringstake stel onderwysers in staat om die toegepaste bevoegdheid van die leerder in die betrokke vak waar te neem. Die take moet uitgevoer word as een uitgebreide taak, wat onderverdeel is in kleiner afdelings, of 'n reeks korter aktiwiteite.
3.4 Die aangehegte PAT-riglyne moet verskaf word aan die betrokke vakonderwysers sodat hulle hierdie dokument kan gebruik om die assesserings af te handel.
3.5 Ondersteuning van die betrokke vakadviseurs by die distrikskantore sal verskaf word in die loop van die jaar. Skole moet daarom seker maak dat die betrokke onderwysers die distriksvergaderings wat oor die assessering en moderering van die praktiese assesseringstake gaan, bywoon.

4. Prinsipale word versoek om hierdie inligting onder die aandag van die betrokke onderwysers en leerders by hulle skool te bring.


GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010:01:08


Hierdie minuut is vergesel deur ‘n CD wat die 2010 praktiese assesseringstake bevat.