1. |
Die Direktoraat: Gehalteversekering, as deel van sy Gehalteverbetering-deur-Innovasie-strategie (GVDIS), probeer om al die prosesse wat verband hou met gehalteverbetering en prestasieverantwoordelikheid op 'n meer innoverende wyse te propageer.
|
2. |
As deel van die aanvanklike ontplooiing by skole, sluit die jongste GVDIS-produkte die volgende in:
- Measuring up - a training and advocacy DVD
Die DVD is gemik daarop om Nasionale Beleid oor heelskoolevaluering (HSE) te verduidelik, ooreenkomstig die Staatskoerant No. 22512 en demonstreer die HSE-proses. Skole moet die DVD gebruik saam met die HSE Kriteria en Riglyne, wat die standaarde verskaf vir die prestasie van skole;
Voorgestelde gebruik van die DVD:
- vir professionele ontwikkeling van skoolpersoneel;
- vir opleiding van skoolbelanghebbende groepe, soos die skool se beheerliggaam, ouers en die gemeenskap, ter voorbereiding van 'n skool se self-evaluering ;
- vir induksieopleiding van departementele beamptes.
Webtuiste - http://wced.wcape.gov.za/dqa
Benewens dit het die Direktoraat: Gehalteversekering 'n webtuiste geskep om skole en departementele beamptes te ondersteun deur:
- as inligtingsentrum te dien oor onderwysstandaarde en die monitering en evalueringsprosesse; en
- elektroniese dialoog en terugvoer wat fokus op die verbetering van onderwys te stimuleer.
Plakkaatbondel
As deel van die deurlopende propagering van gehalteversekering, word die volgende plakkate na alle skole aangestuur:
- Gehalteversekeringsmodel vir Heelskool-ontwikkeling: Dit skets die 3 sleutelprosesse vir 'n leerdergesentreerde benadering tot heelskoolontwikkeling;
- Heelskoolevaluering: Dit skets die liniêre proses van HSE;
- Skool-selfevaluering Verskillende modelle word verskaf, wat toegepas kan word ooreenkomstig die konteks van die skool;
- Prestasiebepaling: 'n Leerorganisasie Hierdie is bronne van opvoederontwikkeling om te verseker dat die WKOD 'n dinamiese leerorganisasie word;
- Nege Areas vir Evaluering Hierdie fokusareas verseker 'n holistiese evaluering van skole;
- Thetha Nathi: Dit is die WKOD se fasiliteit vir komplimente/klagtes wat daarop gemik is om diens te verbeter.
|
GETEKEN: KN BYDELL
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2009:11:18
|