VERKRYGINGSBESTUURSMINUUT: 0006/2009 |
AAN: | ADJUNK-DIREKTEURS-GENERAAL, HOOFDIREKTEURE, DIREKTEURE, IBB-BESTUURDERS, KRINGSPANBESTUURDERS, IBB-ADVISEURS EN PRINSIPALE EN VOORSITTERS VAN BEHEERLIGGAME VAN OPENBARE GEWONE SKOLE |
| LYS VAN GOEDGEKEURDE VERSKAFFERS VIR DIE AANKOOP VAN LEER- EN ONDERRIGONDERSTEUNINGSMATERIAAL DEUR SKOLE VIR DIE TYDPERK 1 AUGUSTUS 2008 TOT 31 JULIE 2010. |
1. |
Die bygewerkte lyste van geregistreerde diensverskaffers van wie skole hulle handboeke en ander materiaal ingevolge paragraaf 5.1.1 (b) van Omsendbrief: 0051/2007 van 21 September 2007 kan aankoop, is aangeheg.
|
2. |
Alle verskaffers moes op die nuwe kontrak vir bogemelde tydperk registreer. Die lyste reflekteer alle verskaffers wie se registrasie tot dusver goedgekeur is. Die nuutgeregistreerde verskaffers word in vetdruk op die lyste aangedui.
|
3. |
Hierdie minuut vervang Verkrygingsbestuursminuut: 0004/2009 van 20 Februarie 2009.
|
GETEKEN: WL CARELSE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2009:03:30
Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000 Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie VEILIGE SKOLE: 0800 45 46 47 INBELSENTRUM: 0861 92 33 22
|