1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) wil 'n gestremdheidvriendelike omgewing skep vir sy werknemers (wat insluit werknemers met 'n gestremdheid), deur bewustheid van gestremdheid te verhoog. |
2. |
Op 29 Mei 2009, sal LOFOB (The League of Friends of the Blind) 'n Vriend-van-blindes-dag vier. 'Vriend-van-blindes-dag', wat elke jaar in Mei plaasvind, is daarop gemik om prestasies van blindes te vier en die integrasie van blindes in alle aspekte van die samelewing te propageer. |
3. |
Maatskappye en organisasies word gevra om betrokke te raak by verskillende aktiwiteite om bewustheid van blindheid sowel as die doelstellings van hierdie dag te bevorder. |
4. |
Die WKOD wil u aanmoedig om aan hierdie dag deel te neem deur 'n plakker van LOFOB se Vriend-van-blindes-dag vir R10 aan te koop en dit te dra op 29 Mei 2009. U kan ook solidariteit met blindes demonstreer deur 'n donkerbril op hierdie dag te dra. |
5. |
Plakkers kan aangekoop word van Gail McConney, 021 467 2091, in die Skakelbordkamer, Tweede Vloer, Grand Central Towers of direk van LOFOB by 021 705 3753. |
GETEKEN: S CYSTER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2009:05:26
|