1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) reël gereeld opleiding vir Lewensoriënteringonderwysers in beroepsvoorligting. Dit is om te verseker dat opvoeders met selfvertroue en op bevoegde wyse die? afdeling van Lewensoriëntering kan aanbied. |
2. |
Geliewe hiermee kennis te neem dat die volgende rondte opleidingskursusse in die PACE: World of Work (Leeruitkoms 5) in die AOO vir graad 7-Lewensoriënteringonderwysers aangebied sal word wat nog nie voorheen opleiding in hierdie program ontvang het nie. Hierdie kursusse sal op 17 Oktober 2009, 31 Oktober 2009 en 7 November 2009 in verskeie onderwysdistrikte plaasvind. (Verwys na onderstaande skedule vir datums en plekke.) |
3. |
Dit is 'n eendagkursus spesifiek gerig op die opleiding van graad 7-onderwysers om voorligting te kan bied aan leerders wanneer hulle vakkeuses in die hoërskool moet maak. Toegang tot kursusse is beperk en eerste aansoekers sal voorkeur geniet. |
4. |
Aangesien slegs een onderwyser per skool vir die kursus kan registreer, word skole versoek om die inskrywings voor 8 Oktober 2009 te doen. Sien Bylae A aangeheg. |
5. |
Opleidingskedule
Datum |
Onderwysdistrik |
Plek |
Getal onder-wysers |
Saterdag 17 Oktober 2009 8h30-16h00 |
Metro-Noord |
Bellville-Suid SS, Bellville |
50 |
Metro-Sentraal |
Sentrum vir e-Innovasie, Kuilsrivier |
50 |
Saterdag 31 Oktober 2009 8h30-16h00 |
Metro-Suid |
Sentrum vir e-Innovasie, Kuilsrivier |
50 |
Weskus |
Schoonspruit HS, Malmesbury |
50 |
Kaapse Wynland |
Esselenpark HS/LS, Worcester |
70 |
Saterdag 7 November 2009 8h30-16h00 |
Eden & Sentrale Karoo |
Conville PS, George |
50 |
Metro-Oos |
Sentrum vir e-Innovasie, Kuilrivier |
50 |
Overberg |
Swartberg LS, Caledon |
30 |
|
|
Totaal |
400 |
|
6. |
Onderwysers van landelike distrikte sal vergoed word vir reisuitgawes. Diegene wat van voorneme is om te eis vir hierdie uitgawes moet die volgende inligting by die kursus beskikbaar hê:
- PERSAL-nommer;
- Maak, model, jaar van vervaardiging en enjinkapasiteit van voertuig wat gebruik word;
- Afstand in kilometer vanaf skool tot vergaderplek, en odometerlesings.
|
7. |
Onderwysers van landelike distrikte wat verblyf benodig moet hulle eie reëlings tref. Hierdie onderwysers moet hulle eise vir verblyfsuitgawes indien voordat hulle op die dag van die kursus vertrek. |
8. |
Prinsipale word versoek om die voltooide registrasievorm (Bylae A) teen 8 Oktober 2009 te faks aan mnr. J. Sitzer, Adjunk- Hoofonderwyskundige: Lewensoriëntering (AOO) by faksnr. 021 467 2258 of 021 467 2620. |
9. |
Prinsipale word daaraan herinner dat bywoning by hierdie kursus in aanmerking geneem kan word wanneer onderwysers se GGBS'e voltooi word. |
10. |
Verdere inligting is verkrygbaar by mnr. J. Sitzer by tel. 021 467 2199 of by e-posadres: jsitzer@pgwc.gov.za |
11. |
Prinsipale word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle graad 7 Lewensoriënteringonderwysers te bring. |
GETEKEN: SM NAICKER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2009:09:07
|