1. |
In 'n poging om graad 12-kandidate te help om voor te berei vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen vir 2009, sal die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) deur middel van gemeenskapsradiostasies programme aanbied wat fokus op graad 12-eksamenvakke en eksamentegnieke. |
2. |
Die programme sal op die volgende radiosenders aangebied word:
|
Radio Zibonele (Maandag en Woensdag) Bush Radio (Dinsdag en Donderdag) Radio Weskus (Maandag en Woensdag) Radio Eden FM (Dinsdag en Donderdag)
|
|
3. |
Skole wat nie binne die opvanggebied van enige van hierdie radiostasies val nie, sal van geredigeerde opnames van die programme op CD voorsien word. |
5. |
Leerders sal ook gedurende die uitsendings geleentheid hê om in te bel en vrae aan die aanbieders te vra. |
6. |
Daarbenewens kan leerders, onderwysers en ouers ook vrae met betrekking tot die Graad 12-eksamen deur middel van e-pos stel. Die adres vir hierdie doel is matric09@pgwc.gov.za. Hierdie vrae sal deur die betrokke kurrikulumbeplanners- en adviseurs beantwoord word. |
7. |
Radioprogramme sal oor die volgende vakke aangebied word:
|
Afrikaans Huistaal Afrikaans Eerste Addisionele Taal English Home Language English First Additional Language Xhosa Huistaal Wiskunde Wiskundige Geletteredheid Rekeningkunde Lewenswetenskappe Fisiese Wetenskappe Geskiedenis Ekonomie Besigheidstudies Geografie Landbouwetenskappe |
|
8. |
Kandidate wat Nasionale Senior Serifikaat-vakke aanbied wat nie op die lys verskyn nie, is ook welkom om vrae via die volgende e-posadres te stel: matric09@pgwc.gov.za. |
9. |
Die programme sal vanaf Maandag tot Donderdag om 15:30 uitgesaai word. |
10. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement wens alle Graad 12-leerders sterkte toe met hul voorbereiding vir die finale eksamens. |
11. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle Graad 12-onderwysers en leerders. |
GETEKEN: SM NAICKER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2009:08:17
|