1. |
Die Hersiene Nasionale Kurrrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) noem dat "Die addisionele taal behoort as 'n leerarea in graad 4 ingevoer te word". |
2. |
Daar word ook in bogemelde dokument genoem dat leerders 'n Afrika-taal vir 'n minimum van drie jaar in die Algemene-onderwys-en-opleidingsfase kan neem. Onder sekere omstandighede kan dit as 'n tweede addisionele taal geneem word. |
3. |
Strydig met bogenoemde beleidsvereistes, voer sommige skole Xhosa Tweede Addisionele Taal vir die eerste keer in as vak in graad 8 of 9. Dit beteken dat leerders geen grondslagvaardighede en agtergrond in die Xhosa-taal het nie. Daarbenewens word dit vir hulle 'n reuse taak in graad 10, 11 en 12 waar hulle moet voldoen aan die spesifieke deurlopendeassesseringsvereiste van 25% en die eksamenvereiste van 75%. |
4. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: SM NAICKER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2009:04:15
|