1. |
In Operasioneleondersteuningseenheid-minuut 0001/2008 van 25 Januarie 2008 is u versoek om seker te maak dat u totale norme-en-standaardetoekenning (N&S) wat vir handboeke en plaaslike aankope voorsiening gemaak het, benut word en dat rekwisisies die bestelkantoor in Kuilsrivier teen 31 Januarie 2008 bereik.
|
2. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement wil sy waardering uitspreek teenoor die skole wat saamgewerk het om die projek so 'n sukses te maak.
|
3. |
As gevolg van die tyd wat dit verg om die rekwisisies in bestellings te omskep en die daaropvolgende aflewerings- en betaalproses, kan geen verdere rekwisisies ongelukkig aanvaar word nie. Rekwisisies wat na 31 Januarie 2008 onvang is, sal dus teruggestuur word.
|
4. |
U samewerking in hierdie verband sal waardeer word.
|
GETEKEN: H.A. LEWIS
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:02:12
|