1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) wil as deel van sy Menslikekapitaal-ontwikkelingstrategie deelname versterk deur middel van beraadslaging oor skool- en onderwyssake. |
3. |
Die forumraamwerk is van toepassing op alle openbare gewone en openbare spesiale skole in die Wes-Kaap. |
4. |
Die kring- en distrikprinsipaalforums moet binne een maand na ontvangs van hierdie brief ingestel word. Die daargestelde kring- en distriksforums moet een keer in hierdie jaar vergader. Lede van die Provinsiale Prinsipaalforum moet op hierdie eerste vergadering van die Distriksforum verkies word. |
5. |
Prinsipale moet seker maak dat hulle bereid sal wees om die verantwoordelikhede na te kom soos aangedui op bladsy 2, voordat hulle 'n nominasie vir 'n forum aanvaar. |
6. |
Aangesien die tyd om te vergader in 2008 beperk is, sal Prinsipale wat verkies word tot 'n forum bly dien op daardie forum tot die volgende verkiesing in Januarie/Februarie 2010. |
7. |
U kan met die IBB Adviseur (voorheen kringbestuurder) van u skool skakel vir meer inligting. |
GETEKEN: RB SWARTZ
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:09:26
|