1. |
'n Skoolfondsbedrogskema is genoem in die Begrotingsbestuursminuut 0005/2005 van 26 Oktober 2005. Twee skole het onlangs ten prooi geval van 'n soortgelyke bedrogskema wat tans bedryf word. U word dus versoek om te let op die volgende werkwyse om sodoende te verhoed dat u van skoolfondse beroof word:
|
1.1 |
'n Misleidende betaling word in die skool se bankrekening inbetaal.
|
1.2 |
Die bedrieër skakel dan die skool onder die voorwendsel dat hy/sy 'n verteenwoordiger is van 'n regeringsorganisasie en beweer dat 'n bedrag foutiewelik op die skool se bankrekening inbetaal is. 'n Depositostrokie word aangebied as bewys.
|
1.3 |
Wanneer die skool dan weer die bedrag inbetaal het op die rekening wat genoem is, word die foutiewe bedrag se inbetaling gekanselleer.
|
2. |
Skole word dringend versoek om, indien hulle 'n soortgelyke telefoonoproep kry, op die volgende te let:
|
2.1 |
Hanteer enige versoek om 'n terugbetaling met die grootste suspisie.
|
2.2 |
Die gemeenskaplike kenmerk van hierdie misdaad is 'n bedrieglike tjekdeposito, dikwels vergesel van 'n bewysnota wat vanaf die Internet verkry is. Praat met u bank om van die geldigheid van die deposito seker te maak.
|
2.3 |
Wag vir die normale klaringsperiode voor u enige terugbetaling van enige tjekdeposito oorweeg.
|
2.4 |
Enige deposito in die skool se rekening moet behoorlik ondersoek word voor enige terugbetaling oorweeg kan word.
|
2.5 |
Moenie toelaat dat iemand wat beweer dat hy/sy SARS, Telkom of Eskom verteenwoordig, druk op u plaas om 'n terugbetaling te doen nie.
|
3. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes.
|
4. |
U samewerking sal waardeer word.
|
GETEKEN: EJ MEYER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:03:11
|