1. |
Die Nasionale Tesourieregulasie 8.3.3 bepaal dat die betaaldatum vir tydelike KS-opvoeders wat insluit tydelike en deeltydse personeel, en persone op proef aangestel, die laaste werksdag van 'n kalendermaand moet wees.
|
2. |
In die verlede was die betaaldatums aan die einde van 'n kwartaal /semester / trimester verskuif vanaf die voorgeskrewe laaste werksdag van die maand na die laaste werksdag van die kwartaal / semester / trimester. As gevolg hiervan en om binne die voorskrifte te bly, sal die volgende werknemers vanf Maart 2008 op die laaste werksdag van 'n kalendermaand betaal word, ongeag die kwartaal / semester / trimester se sluitingsdatum:
- Kontrakaanstellings
- Permanent op proef
- Plaasvervangers
- Deeltydse opvoeders
|
3. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle betrokke KS-opvoeders.
|
GETEKEN: RM MATLI
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:03:11
|