1. |
Ingesluit is u IRP 5 / IB 3(a)-sertifikate vir die 2007/2008 belastingjaar. |
2. |
Die sertifikate moet oorhandig word aan die betrokke werknemers op u diensstaat. Maak asseblief seker dat oorblywende sertifikate van werknemers, wat gedurende die 2007/2008 belastingjaar in u diens was, onmiddellik na hulle nuwe betaalpunt of woonadresse versend word, of aan hierdie kantoor teruggestuur word. |
3. |
Die meegaande kontrolestaat moet onmiddellik gesertifiseer en vir rekorddoeleindes gestuur word aan
Die Hoof: Onderwys
Wes-Kaap Onderwysdepartement
Belastingafdeling (7de Vloer)
Privaatsak X9114
Kaapstad
8000
|
4. |
Die belastingafdeling word gewoonlik oorval met versoeke om die uitreik van duplikaat IRP 5-sertifikate, en het dit duidelik geblyk dat sommige werknemers nie die waarde en belangrikheid van die sertifikate besef nie. Dit plaas onnodige administratiewe druk op hierdie kantoor. |
5. |
By ontvangs van IRP 5-sertifikate, moet alle werknemers toesien dat die sertifikaat veilig bewaar word ten einde die administratiewe las op die Belastingafdeling te verminder. |
6. |
Voortaan sal slegs 'n skriftelike versoek om 'n duplikaat IRP 5-sertifikaat aanvaar word en so 'n versoek moet vergesel word van 'n beëdigde verklaring wat die verlies van die oorspronklike sertifikaat staaf. |
7. |
'n Heffing van R40.00 per duplikaatsertifikaat is betaalbaar vanaf die 2008 belastingjaar. |
8. |
Maak asseblief seker dat die belastingnommer op die sertifikaat korrek is. Indien geen belastingnommer vertoon word nie en u 'n geregistreerde belastingbetaler is, moet u asseblief u belastingnommer by hierdie kantoor (Belastingafdeling) indien sodat u rekords bygewerk kan word. (Voorsien hierdie kantoor van 'n afskrif van u belastingopgawe of 'n brief vanaf SARS waarop die registrasienommer verskyn vir verifikasiedoeleindes ten einde te verseker dat die korrekte inligting vasgelê word) |
9. |
Die sluitingsdatum vir die indien van belastingopgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is 21 November 2008 en via E-Filing, 23 Januarie 2009. In gevalle waar uitstel verlang word, is dit die werknemer se verantwoordelikheid om sodanige uitstel by die Ontvanger van Inkomste te verkry. |
10. |
Maak asseblief seker dat die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle Personeellede gebring word.
|
GETEKEN: R MATLI
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:10:10
|