1. U skool sal binnekort 2 afskrifte van die Wes-Kaapse Liedboek vir Skole en 'n CD met die begeleiding vir die liedjies ontvang. Hierdie multitalige samestelling van 40 liedere is bymekaar gemaak om die aanleer van liedere in ander tale te stimuleer en om multitaligheid en kennis van 'n ander kultuur en tradisies aan te moedig. Maar dit is grotendeels 'n viering van musiek en die gemeenskap.
2. Stelle boekies met net die woorde (vir die leerders) sal ook versprei word. Die hoeveelhede wat uitgedeel word, sal afhang van die borgskappe wat ons kry.
3. Gedurende Februarie sal musici skole besoek om bewustheid van die liedjies aan te moedig, en musiekonderwysers sal bepaalde blootstelling kry gedurende 'n reeks naweekwerkwinkels wat gereël is om die Tirisano-proses te ondersteun. Die liedjies sal ook gesing word by sportgeleenthede wat gedurende hierdie tyd sal plaasvind.
4. Die liedboek sal amptelik bekendgestel word by 'n geleentheid op 15 Maart 2008 wat van 11:00 tot 14:00 by die Nuweland-rugbystadion gehou sal word, waar baie van die liedjies deur leerders en professionele musikante gesing sal word. Teken asseblief hierdie geleentheid aan.
4.1 Bekende sport- en musiekpersoonlikhede sal daar wees. Die omvang van die geleentheid sal afhang van die borge wat verkry word. Meer besonderhede sal mettertyd voorsien word.
4.2 Die oogmerk is dat 28 000 leerders teenwoordig moet wees (graad 7 tot 12). Afhangende van die belangstelling, kan 50 leerders en 5 opvoeders per skool die geleentheid bywoon. Die getalle sal verskil omdat van die kleiner landelike skole dalk minder as 30 leerders het wat die geleentheid kan bywoon, en van die skole sal dit glad nie kan bywoon nie of sal verkies om dit nie by te woon nie.
4.3 Indien ons fondse kan kry, sal leerders van vervoer en verversings voorsien word. Indien die fondse egter nie verkry word nie, sal skole hulle eie onkoste moet dek.
4.4 Skole uit die stedelike gebiede word versoek om leerders van landelike skole te ontvang wat op 14 Maart 2008 na Kaapstad sal reis.
5. Ten einde ons in staat te stel om te beplan, word alle skole wat wil deelneem versoek om die aangehegte vorm in te vul en dit teen 1 Februarie 2008 aan mev N Makosana Lewis van die Direktoraat Kommunikasie te e-pos (nmakosana@pgwc.gov.za of faks 021 461 3694.
6. LUR Cameron Dugmore, wat hierdie projek van stapel gestuur het, versoek alle skole om 'n poging aan te wend om die loodsgeleentheid by te woon en om dit 'n aanskoulike geleentheid vir nasiebou te maak.
7. Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes te bring.


GETEKEN: A.M. ATTWELL
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:01:22

Antwoordvorm  (grootte: 8 KB)