1. |
In Januarie 2008 het die nasionale Departement van Onderwys kopieë van slegs die Engelse weergawes van die Lewensoriëntering Graad 11-onderwysersgids en -leerder werkboek onder al die hoërskole in die Wes-Kaapprovinsie versprei.
|
2. |
Hierdie boeke verskaf 'n aantal lesplanne en geskikte aktiwiteite wat verband hou met die Lewensoriëntering-kurrikulum vir graad 11.
|
3. |
Die boeke word verskaf as addisionele bronmateriaal, aangesien Lewensoriëntering 'n nuwe vak in die VOO-band is. Die boeke moet gebruik word saam met ander bronmateriaal en is nie verpligte handboeke nie.
|
4. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het nou die boeke in Afrikaans laat vertaal. Elke hoërskool in die provinsie sal een Afrikaanse kopie van die onderwysersgids en een leerderwerkboek ontvang.
|
5. |
Die boeke sal gepos word na elke hoërskool vanaf 1 September 2008.
|
6. |
Prinsipale word versoek om hierdie minuut onder die aandag van graad 11 Lewensoriënteringonderwysers te bring.
|
GETEKEN: SM NAICKER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:08:20
|