1. |
Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin sal van 09:00 - 16:00 op 22 Mei 2008 'n uitstalling aanbied oor die tema: Wat is biodiversiteit en wie is betrokke?
|
2. |
Die geleentheid is gemik op graad 10 tot 12, sowel as naskoolse studente, en fokus op huidige biodiversiteitsbewaringsprojekte in die Wes-Kaap.
|
3. |
Belangrike en interessante onderwerpe wat met bewaringswerk verband hou, sal aangebied word, en inligting oor loopbane en studievelde by tersiêre inrigtings wat met biodiversiteit verband hou, sal voorsien word.
|
4. |
Skole word herinner dat bywoning van hierdie geleentheid gedurende skoolure met die toestemming van die distriksdirekteur moet geskied en op die skool se onkoste moet plaasvind.
|
5. |
Skakel asseblief met mnr Augustine Morkel by e-posadres amorkel@sanbi.org of by telefoonnommer 021 799 8899 of 083 324 7877 of besoek SANBI se webblad by www.sanbi.org vir meer inligting oor hierdie geleentheid of ander biodiversiteitsaangeleenthede.
|
6. |
Prinsipale word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van VOO-Lewenswetenskappe en Lewensoriëntering-onderwysers te bring.Prinsipale word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van VOO-Lewenswetenskappe en Lewensoriëntering-onderwysers te bring.
|
GETEKEN: CR SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:04:25
|