1. |
Ten einde prinsipale in staat te stel om die nodige reëlings te tref om die uitslae af te haal en te kontroleer, word die volgende teikendatums en verwante inligting verskaf. Let asseblief daarop dat hierdie datums en tye slegs tentatief is en dat enige veranderinge in hierdie reëlings in die pers sal verskyn. OBOS'e sal ten volle op die hoogte gehou word.
1.1 | Vrydag, 28 Desember 2007 om 08:00: LW: Nie voor 08:00 nie
Prinsipale word 4 uur gegee om die uitslae na te gaan vir enige ooglopende foute. | Prinsipale kan uitslae by OBOS'e afhaal. |
1.2 | Vrydag, 28 Desember 2007 om 12:00: LW: GEEN uitslae mag aan kandidate bekendgemaak word en GEEN inligting in hierdie verband mag aan die pers verstrek word voor 12:00 nie. | Uitslae kan by die onderskeie skole aan kandidate bekendgemaak word. |
1.3 | Vrydag, 28 Desember 2007 om 09:00: | Bekendmaking van uitslae deur Provinsiale Minister |
1.4 | Vrydag, 28 Desember 2007 om 12:00: | Bekendmaking van nasionale uitslae deur Nasionale Minister |
1.5 | Vrydag, 28 Desember 2007 in die middag (of Saterdag, 29 Desember 2007) | Uitslae in die pers en op die WKOD-webwerf by http://wced.wcape.gov.za |
1.6 | Vrydag, 4 Januarie 2007 na 12:00: | Onafgehaalde uitslae word deur OBOS'e aan die skole gepos. |
|
2. |
Aangesien dit gebiedend noodsaaklik is dat alle partye streng by hierdie reëlings moet hou, is u samewerking in hierdie verband onontbeerlik.
|
3. |
Kandidate sal hulle eksamennommers en hulle identiteitsnommers moet invoer by http://wced.wcape.gov.za om hulle individuele eksamenuitslae te kan besigtig.
|
4. |
Die Departement moet ook ingelig word van skole se reëlings rakende die afhaal van die uitslae. Prinsipale word dus versoek om die bygaande vorm in te vul en teen nie later as 26 November 2007 aan die direkteur van hulle OBOS te stuur nie. Hierdie inligting sal ook gebruik word om daardie skoolhoofde te skakel wat na die toekenningsplegtigheid uitgenooi is.
|
5. |
Die volgende inligting sal aan die media beskikbaar gestel word:
- Name en eksamennommers van kandidate wat geslaag het, per skool per distrik. Die volgende simbole word gebruik:
- E - Endossement;
- M - Endossement met Meriete;
- D - Endossement met Onderskeiding;
- S - Senior Sertifikaat;
- N - Senior Sertifikaat met Meriete;
- P - Senior Sertifikaat met Onderskeiding.
- Die vakke waarin kandidate onderskeidings behaal het (A-simbole), sal ook aangedui word.
Die name van kandidate wat in die eksamen uitgeblink het deur met Onderskeiding (groottotaal van 1680 of meer) of Meriete (groottotaal tussen 1260 and 1679) te slaag
Die naam van elke skool se topkandidaat
Die name van die top drie kandidate (met 'n minimum van 80%) in elke Hoër- en Standaardgraadvak
|
6. |
Aangesien dit van die uiterste belang is dat ondersteuning en berading gebied moet word aan kandidate wat nie die eksamen geslaag het nie, moet kandidate ingelig word dat sodanige dienste beskikbaar is. Berading kan by die skool gedoen word wanneer kandidate hulle uitslae ontvang of, indien van toepassing, by die betrokke OBOS waar personeel beskikbaar sal wees. As 'n prinsipaal 'n kandidaat na 'n OBOS verwys, moet hy/sy die kandidaat voorsien van die telefoonnommer en die adres van die OBOS en die kandidaat se besonderhede aan die OBOS verstrek. Aangesien daardie kandidate wat die grootste behoefte aan berading het, dit dikwels nie versoek nie, word daar 'n beroep gedoen op prinsipale om bedag te wees op die teleurstelling van kandidate wie se verwagtinge nie verwesenlik is nie.
|
GETEKEN: B.K. SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:11:21
|