1. |
Die WKOD wil graag alle skole bedank vir hulle deelname aan die Taal- en Wiskundetoetse vir graad 8 gedurende 2006
|
2. |
Na deeglike oorweging is die toetsing nou verskuif na die graad 9-vlak en meer toetse is bygevoeg. Hierdie toetse sal verpligtend wees vir alle graad 9-leerders in WKOD-skole in 2008. Die toetse sal afgeneem word in Februarie en Maart 2008, sowel as in daaropvolgende jare. Gedurende die toetsperiode sal leerders twee 90-minute-toetse skryf op twee alternatiewe dae.
|
3. |
Die WKOD se Direktoraat: Eksamens sal die Sentrale Onderwysbestuurinligtingstelsel (SOBIS) se databasis gebruik om leerders in openbare gewone skole vir hierdie toetse te registreer.
|
4. |
Die toetsresultate sal beskikbaar gestel word vir leerders teen die einde van Julie van dieselfde jaar sodat korrektiewe stappe gedoen kan word waar nodig.
|
5. |
U word dus versoek om u graad 9-leerders se gegewens op die SOBIS by te werk teen nie later nie as 31 Januarie 2008.
|
6. |
Slegs leerders wat op die SOBIS geregistreer is op 31 Januarie 2008 sal toetsvraestelle ontvang en alleenlik in die taal van onderrig soos daarop aangedui is.
|
7. |
U samewerking sal waardeer word.
|
GETEKEN: A.P. CLAUSEN
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:06:28
|