1. |
Die voorlopige inskrywingskedule met betrekking tot graad 9-leerders by u skool wat vir die 2007-eksamen ingeskryf is, is aangeheg en moet noukeurig nagegaan word.
|
2. |
Neem asseblief kennis dat die Direktoraat: Eksamens die data verkry van die Sentrale Onderwysbestuurinligtingstelsel (SOBIS), 'n leerdernaspoorstelsel waarop die leerders van openbare gewone en onafhanklike skole geregistreer moet word.
|
3. |
Prinsipale en/of opvoeders word versoek om die besonderhede van leerders na te gaan en om
- die ingeslote voorlopige skedules met rooi ink te korrigeer, en
- SOBIS tegelykertyd by te werk.
|
4. |
Die Bylae A (bevestiging van korreksies) en gekorrigeerde skedules moet ook volledig ingevul word, onderteken word en terugbesorg word aan die Departement teen nie later nie as Vrydag, 27 Julie 2007.
|
5. |
Indien geen foute op die drukstuk voorkom nie, moet prinsipale nietemin die Direktoraat: Eksamens skriftelik in kennis stel dat die leerderbesonderhede op die lyste in alle opsigte korrek is deur die aangehegte Bylae A in te vul.
|
6. |
Prinsipale word versoek om die nodige reëlings met Skynet-koerierdiens te tref (telefoonnommer 021 531 9191) vir die afhaal en versending van die gewysigde voorlopige inskrywingskedules na die volgende adres:
Die Hoof: Onderwys
Wes-Kaap Onderwysdepartement
Vir aandag: Mnr L. Samuels
Direktoraat: Eksamens
Grand Central Towers
Laer-Parlementstraat
KAAPSTAD, 8001
|
7. |
OBOS-direkteure en kringbestuurders word versoek om seker te maak dat bogenoemde terugversendingsdatum streng nagekom word.
|
8. |
U samewerking sal waardeer word.
|
GETEKEN: L.C. ARENDSE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:07:11
|