1. |
Die nasionale Onderwysdepartement wil inligting insamel oor skole wat die Tegnologie-vakke in die VOO-band aanbied.
|
2. |
Om hierdie rede word skole versoek om die aangehegte ouditeringsvorm (Bylae A) van die nasionale Onderwysdepartement in te vul.
|
3. |
Die ingevulde vorm moet teen 18 Januarie 2008 ingedien word by mnr J. Randewijk by e-posadres jrandewijk@pgwc.gov.za of by faksnommer 021 467 2258.
|
4. |
Indien u meer inligting verlang, kan u mnr Randewijk skakel by telefoonnommer 021 467 2564/2258.
|
5. |
U samewerking in hierdie verband word waardeer.
|
GETEKEN: P. SATYO
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:11:27
|