2. |
Die lokaal vir die opleidingsessies, by die Kaapse Onderwysinstituut in Nooiensfonteinweg, Kuilsrivier, kan slegs 70 onderwysers per opleidingsessie akkommodeer.
|
3.1 |
Slegs dié onderwysers wie se name op die lyste verskyn, mag die opleidingsessie bywoon.
|
3.2 |
Aangesien hierdie kursus groot finansiële implikasies vir die Wes-Kaap Onderwysdepartement het, is dit belangrik dat die onderwysers wat verkies is die opleidingsessies bywoon soos aangedui in Bylae A, B en C.
|
3.3 |
Enige verkose onderwyser wat nie die sessies op die bepaalde datums kan bywoon nie, moet me D Christiaans dienooreenkomstig inlig voor 31 Oktober 2007, by telefoonnommer 021 467 2589 of e-posadres dchristi@pgwc.gov.za
|
4. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokke Lewensoriëntering-onderwysers te bring.
|
5. |
Indien u meer inligting benodig, skakel asseblief met me D Christiaans, Senior Kurrikulumbeplanner vir Lewensoriëntering (VOO) per die skakelbesonderhede wat in paragraaf 3.3 hierbo gegee word.
|
GETEKEN: P. SATYO
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:10:15
|