1. |
Ingevolge Omsendbrief 0015/2007 word daar verwag dat elke leerder van graad 1 tot graad 12 vanaf 2008 ten minste een handboek per leerarea of vak sal hê. Waar dit nie die geval is nie, word skole versoek om dienooreenkomstig te beplan.
|
2. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) begryp dat sommige skole 'n tekort aan hierdie hulpbronne ondervind.
|
3. |
Die WKOD onderneem dus die INKXASO-PROJEK VIR GRAAD 4-7 om die handboeke in primêre skole in die onderste vier nasionale kwintiele aan te vul. Die skole in hierdie kwintiele sal binnekort 'n brief ontvang wat die bedrag sal aandui wat hulle per graad 4- tot 7-leerder sal ontvang vir die aankoop van hierdie handboeke. Hierdie toekenning word gemaak bo en behalwe die norme-en-standaardetoekenning. Die fondse behoort die skool in staat te stel om twee handboeke per leerder te bestel.
|
4. |
'n Boekeskou word in elke OBOS gereël vir vroeg in die derde kwartaal om ouers en onderwysers 'n geleentheid te gee om die beskikbare handboeke deur te kyk en om ondersteuning te kry wanneer geskikte boeke uitgekies word.
|
5. |
Prinsipale word versoek om 'n behoefte-analise te doen van hulle handboekhulpbronne vir hierdie grade en om te bepaal in watter leerareas handboekhulpbronne tekort skiet sodat die fondse dienooreenkomstig aangewend kan word.
|
GETEKEN: M. CAMERON
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:06:27
|