Daar sal van leerders verwag word om navorsing te doen en 'n voorlegging, 'n dokumentęre film of video voor te berei oor een van die volgende onderwerpe:
Ons onbekende helde: Doen 'n ondersoek na die lewe van 'n leier in jou gemeenskap en dui aan deur middel van mondelinge geskiendenisnavorsing hoe die persoon 'n verskil in die gemeenskap gemaak het.
OF
Jongmense wat 'n bydrae tot ons gemeenskappe en samelewing gelewer het
OF
Steve Bantu Biko OF OR Tambo OF Albert Luthuli OF Robert Sobukwe: Doen 'n ondersoek na die impak van die lewe en dood van enigeen van hierdie helde op jou gesin en gemeenskap.
OF
Doen 'n ondersoek na 'n voorbeeld van 'n plaaslike gemeenskapstryd in jou gemeenskap teen apartheid waarin die gemeenskap saamgestaan het om hulle teenstand teen 'n aksie van die apartheidsregering te wys, wat die hele plaaslike gemeenskap direk betrek het, bv. die Alexandra Busbiokotte wat in die bekende busboikot onder die leuse 'Azikhwelwa' gekulmineer het. Inwoners van Alexandra in Johannesburg het van en na Alexandra werk toe gestap al met Louis Botha-rylaan, 'n afstand van 15 tot 30 km. Die boikot het vir 180 dae geduur.
OF
Ondersoek 'n familiegeskiedenis wat sy oorsprong in slawerny het.
|