1. Kurrikulumontwikkelingminuut 0042/2007 het skole in kennis gestel van die boekfees waar uitgewers hulle goedgekeurde graad 12-handboeke en onderwysershandleidings gaan uitstal. Die boekfees sal by elke OBOS-distrik aandoen oor 'n tydperk van twee weke, van 28 Mei tot 8 Junie 2007, om prinispale en onderwysers te help om 'n ingeligte keuse te maak wanneer hulle graad 12-handboeke kies.
2. In die lig van die moontlike industriële optrede op Friday, 1 Junie 2007, is die boekfees verskuif wat vir hierdie datum by New Orleans Sekondêr, Paarl, gereël is. Dit sal nou by dieselfde plek op Vrydag, 8 Junie 2007 plaasvind.

Die volgende tabel gee die datum, uitstaltye en lokaal van die boekfees in elke OBOS-distrik:

OBOSDatumUitstaltyePlek
Suid-Kaap/
Karoo
Maandag,
28/05
13:00 - 18:00Beaufort-Wes Sek. Skool,
Beaufort-Wes
Suid-Kaap/
Karoo
Dinsdag,
29/05
13:00 - 18:00Outenikwa HS.,
George
Breederivier/
Overberg
Woensdag,
30/05
13:00 - 18:00OBOS-kafeteria,
Worcester
Weskus/
Wynland
Donderdag,
31/05
13:00- 18:00Piketberg HS,
Piketberg
NoordMaandag,
4/06
13:00 - 18:00OBOS-saal, Timmermanstr,
Parow
OosDinsdag,
5/06
13:00 - 18:00De Kuilen Primêre Skool,
Kuilsrivier
SuidWoensdag,
6/06
13:00 - 18:00Ottery Jeugsorgsentrum, Plantationweg,
Ottery
SentraalDonderdag,
7/06
13:00 - 18:00Kaapstad Onderwysersentrum, Moltenoweg,
Claremont
Weskus/
Wynland
Vrydag,
8/06
nuwe datum
14:00;- 18:00New Orleans Sek. Skool,
Paarl




GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:05:25