Ondersteuning vir onderwysers
Ondersteuning is vir onderwysers beskikbaar om die leesuitdaging te hanteer.
Oriëntering vir onderwysers in die begeleide leesstrategie sal voorsien word by elke skool deur uitgewers in 'n 3-uur middagsessie in die eerste kwartaal. Aangewese uitgewers sal skole skakel om hierdie sessies te reël.
'n Opleidingshandleiding is ontwikkel en 'n DVD is gemaak om onderwysers te ondersteun wat dalk nie daarvoor opgelei is om lees te onderrig nie. Die handleiding sowel as die DVD verskaf duidelike, stap vir stap leiding oor hoe om lees in die klaskamer te begelei.
Gespesialiseerde Onderwyspersoneel en kurrikulumbeamptes word deur die WKOD geöriënteer om skole te ondersteun met die implementering en handhawing van die begeleide leesprogram.
Grondslagfase-onderwysers sou ook gevra kon word om bystand te verleen met die leesonderrig.
|