1. |
Die 'Learning Channel' het, in samewerking met die Departement van Onderwys, 'n nuwe formaat ontwikkel vir sy daaglikse uitsendings op SABC 1.
|
2. |
Die tydgleuf van 10:00 tot 10:40 vanaf Maandag tot Donderdag sal toegewy word aan graad 11-vakke vir die Nasionale Senior Sertifikaat, terwyl die tydgleuf 10:40 - 12:00 op Vrydae gebruik sal word om die laaste groep voltydse graad 12-leerders vir die finale Senior Sertifikaat-eksamen in 2007 voor te berei.
|
3. |
Die graad 11-Nasionale Senior Sertifikaat- en graad 12-Senior Sertifikaat-vakke wat vir die Leerkanaalprogramme gekeur is, word in die tabel hieronder gegee.
'Learning Channel' program vir 2007 |
Dag/Tyd | 10:00 - 10:20 | 10:20 - 10:40 | 10:40 - 12:00 |
|
Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 11) |
Senior Sertifikaat (Graad 12) |
Maandag | Lewensoriëntering | Engels Eerste Addisionele Taal | Engels Tweeede Addisionele Taal |
Dinsdag | Lewensoriëntering | Wiskunde | Wiskunde |
Woensdag | Rekeningkunde | LC4U (10:20 - 11:00) Onderwysertyd (11:00 - 12:00) |
Donderdag | Wiskundige Geletterdheid | Lewenswetenskappe | Biologie |
Vrydag | Wiskundige Geletterdheid | Fisiese Wetenskappe | Fisiese Wetenskappe |
|
4. |
Vanaf Januarie 2007 sal graad 11 Rekeningkunde op Woensdae aangebied word in die tydgleuf 10:00 - 10:20. Die res van die tydgleuf tot 12:00 sal gewy word aan 'n 40-minute jeuggleuf genaamd LC4U, en 'n uurgleuf vir graad 10 - 12-onderwysers genaamd Onderwysertyd.
|
5. |
Die jeuggleuf, LC4U is gemik op die toerusting van leerders met vaardighede en kennis vir die wêreld van werk. Segmente van die jeuggleuf sluit die volgende in:
|
5.1 |
LC4U-stertyd (motiveringsadvies van gewilde rolmodelle van die jeug)
|
5.2 |
LC4U-besigheidstyd (geleenthede vir en raad aan jong entrepreneurs);
|
5.3 |
LC4U-loopbaantyd (praktiese inligting oor verskillende beroepsvelde);
|
5.4 |
LC4U-geselstyd ('n lewendige inbeldebat oor 'n aktuele onderwerp); en
|
5.6 |
LC4U-bemagtigingstyd (praktiese wenke oor hoe om jou doelwitte te bereik).
|
6. |
Alle lesse word vergesel van werkblaaie vir leerders, assesseringsaktiwiteite en onderwysernotas wat óf by die webtuiste www.learn.co.za beskikbaar is óf by die volgende adres: Posbus 1654, Saxonworld, 2123, e-pos, info@learn.co.za óf by tel. 011 214 7100.
|
7. |
Daar word aanbeveel dat die onderwysers en leerders reël dat die uitsendings opgeneem word en dat daar vak-spesifieke studiegroepe gevorm word om die uitsendings na skoolure te kyk.
|
8. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle onderwysers en leerders in graad 11 en 12.
|
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:02:16
|