1. |
Hiermee nooi die Letterkunde Ondersteuningskomitee (LOK) alle onderwysers wat Afrikaans aan graad 11- en 12-leerders onderrig, uit na die 2007-simposium wat op Vrydag 16 Februarie 2007 van 13:00 tot 18:00, en op Saterdag 17 Februarie 2007 van 9:00 tot 13:30, by die Universiteit van Wes-Kaapland aangebied sal word.
|
2. |
Die hoofdoel van die simposium is om letterkunde-onderrig te ondersteun. Die finale program sal vanaf 03 Februarie 2007 op die Afrikaans-webtuiste (http://curriculum.wcape.school.za) beskikbaar wees.
|
3. |
Die inskrywingsgeld is R100,00 per persoon en belangstellendes kan per tjek, uitgemaak aan Sibanye Cape Sacco, betaal of die bedrag by die bank (Absa, Takkode: 632005, spaarrekening, rekeningnommer 38173920528 inbetaal.
|
4. |
Voornemende deelnemers moet die aangehegte inskrywingsvorm voltooi en dit teen nie later nie as 10 Februarie 2007 saam met die betalingsbewys faks aan me Janine Pekeur by (021) 959 1249.
|
5. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes.
|
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2007:02:02
|