1. |
Aangeheg is 'n lys van spesiale gesondheidsbevorderingsmaande, -weke en -dae, ontwikkel deur die Gesondheidsbevorderingseenheid van die Metro Distriksgesondheidsdienste. Verder sal u hieronder ‘n gekondenseerde weergawe van hierdie datums vind:
|
2. |
Skole word aangemoedig om sommige van hierdie belangrike gesondheidsbewustheids- en bevorderingsinisiatiewe te kies en te prioritiseer, en om verwante leeraktiwiteite te beplan vir insluiting by die leerprogramme van die Lewensoriëntering-, Algemene Wetenskap- of Kuns- en-Kultuur-leerareas, en/of by buitekurrikulêre gemeenskapsgebaseerde aktiwiteite.
|
3. |
29 Januarie Wêreldmelaatsheidsdag
Februarie Diarreesiektefokusmaand
4 Februarie Internasionale Kankerdag
12-26 Februarie Swangerskapopvoedingsweek
20-24 Februarie Tienerselfmoord-voorkomingsweek
Maart Intellektuelegestremdheidsmaand
13 - 19 Maart Breinbewustheidsweek
24 Maart Wêreldtuberkulosedag
2 - 8 April Polio-uitwissingsbewustheidsweek
April Wêreldgesondheidsdag
17 April Wêreldhemofiliedag
Mei Sistiesefibrose-bewustheidsmaand
Antitabakmaand
2 Mei Wêreld-asmadag
31 Mei Wêreld-geen-tabak-dag
30 Mei - 4 Junie Kinderbeskermingsweek
Junie Kinderbeskermingsmaand
1 Junie Internasionale Kinderdag
19 – 25 Junie Nasionale Epilepsieweek
26 Junie Internasionale Dwelmbewustheidsmaand
26 Junie – 1 Julie Middelemisbruikbewustheidsweek
Julie Psigiatriese Gestremdheid
(Geestessiekte)-bewustheidsmaand
Augustus Mondgesondheidsmaand
6 – 12 Augustus Nasionale Immuniseringsbewustheidsweek
21 - 25 Augustus Skoleweek vir Gesondheidsbevordering
28 August - 3 Sept Serebrale-verlamming-bewustheidsweek
September Hartbewustheidsweek
Skole-Vigs-maand
1 September Loslitdag (vir die fisiese gestremdes)
4 - 10 September Doofheidsbewustheidsweek
9 September Internasionale Fetalealkoholsindroomdag
24 - 30 September Internasionale Retinaweek
24 September Wêreldhartdag
Oktober Geestesgesondheidsbewustheidsdag
9 - 15 Oktober Nasionale Voedingsweek
16 Oktober Wêreldvoedseldag
9 – 13 Oktober Oogsorgbewustheidsweek
16 - 22 Oktober Oorgewigweek
16 - 21 Oktober Downsindroombewustheidsweek
14 November Wêrelddiabetesdag
19 November Wêrelddag vir die Voorkoming van
Kindermisbruik en -verwaarlosing
1 Desember Wêreld-Vigsdag
3 Desember Internasionale Dag vir Persone met gestremdhede
|
4. |
Bring asseblief hierdie datums onder die aandag van alle opvoeders en leerders.
|
GETEKEN: M.J. THERON
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:01:11
|