1. |
Die toekenning van salarisvorderingskerwe moet op werkprestasie gebaseer wees. Ten einde die toekenning van die 1% salarisvordering (pay progression) met ingang van 1 Julie 2006 aan al die staatsamptenare van die WKOD op posvlakke 1 tot 12 te oorweeg, moet 'n afsonderlike Bylae E-vorm (afskrif aangeheg) ingevul word vir elke individu wat aan die vereistes voldoen en gebaseer op sy of haar werkprestasie gedurende die 1 April 2005 tot 31 Maart 2006 prestasiesiklus. Die ingevulde vorms moet hierdie kantoor so spoedig moontlik, maar nie later nie as 8 Augustus 2006, bereik en moet gestuur word aan Die Direkteur: Personeelbestuur (Staatsdiens), Afdeling Prestasiebestuur, by die adres wat onderaan hierdie bladsy verskyn.
|
2. |
Hoewel die Bylae E-vorms deel is van die stel PPBOS-dokumente wat jaarliks ten opsigte van elke staatsdienspersoneellid voltooi moet word en aan `n modereringsproses onderworpe is, sal die Bylae E-vorms vooraf apart hanteer word en die 1% sal toegestaan word aan diegene wat ten minste bevredigend presteer, mits dit so op die betrokke vorm aangedui word.
|
3. |
Gedurende die vorige siklus het die Departement groot moeite gehad om die Bylae E-vorms van komponente en inrigtings terug te kry. `n Dringende beroep word dus op u gedoen om asseblief te verseker dat u personeel se Bylae E-vorms so gou moontlik ingedien word.
|
4. |
Verdere kommunikasie oor die inhandiging van die res van die dokumente (Bylae A tot D en die motivering) ten opsigte van staatsamptenare vir die siklus soos in paragraaf 1 gemeld, sal binnekort uitgereik word.
|
5. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van al die staatsamptenare onder u beheer.
|
6. |
U samewerking sal op prys gestel word.
|
GETEKEN: G.J. ELLIOTT
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:07:06
|