2. |
Elke departement is verantwoordelik vir die koste van sy eie advertensies. Verantwoordelikheidsbestuurders word dus versoek om ‘n addisionele aanvraagvorm (Log 1) in te lewer wanneer hulle ‘n versoek rig vir die aanvra van tenders vir goedere of dienste. Hierdie aanvraag moet in die beskrywingskolom die volgende woorde aantoon: “Plasing van advertensie in die Staatstenderbulletin” (plus ‘n beskrywing van die tender). ‘n Afsonderlike vorm, PGWC 002, moet ingelewer word, en die volgende fondsstruktuur moet gebruik word:
Fonds: Begrote Fondse
Doelwit: Soos van toepassing
Verantwoordelikheid: Soos van toepassing
Projek: Geen Projek
Item : Advertensie: tenders
Die huidige tariewe van die Staatsdrukker is R2 125 per A4-grootte bladsy en R85.00 per cm.
|