1.1 |
'n Disket met die briefhoofde en woordverwerkingsvraag sal ongeveer 14 dae voor die eksamen aan skole voorsien word. Die inligting op hierdie disket is almal as LEES-ALLEEN*.RTF lêers gestoor. Die Rekenaartik-opvoeder moet onmiddellik 'n rugsteunkopie van hierdie disket maak en nagaan dat die lêers oopgemaak kan word. (Verdere inligting sal saam met die disket verskaf word.) Stoor die oorspronklike in die kluis.
|
1.2 |
Dit is die Rekenaartik-opvoeder se taak om hierdie inligting voor die eksamen óf op die netwerk te stoor, óf op rekenaars se hardeskywe, óf om 'n aparte disket vir elke kandidaat voor te berei. KANDIDATE MAG ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE VOOR DIE EKSAMEN TOEGANG TOT HIERDIE LÊERS HÊ NIE. Hierdie proses moet onder die toesig van die hoofopsiener geskied. Stoor die lêers as die tipe lêer wat kandidate gedurende hul kursus gebruik het, maar hou die LEES-ALLEEN-opsie aan.
|
1.3 |
Die skole moet self aan elke kandidaat 2 diskette verskaf waarop alle antwoorde gestoor moet word. Vraag 1 moet op 'n aparte disket gestoor word en aan die opsiener oorhandig word voordat die res van die vraestel beantwoord word. Aan die einde van die eksamen word die tweede disket ingehandig. Die diskette moet duidelik met die volgende inligting gemerk word:
Skole wat nie gebruik maak van diskette nie, kan hulle hul kandidate se werk op 'n CD instuur.
LW: Al die diskette van die eksamensentrum moet in 'n koevert geplaas word en saam met die gedrukte antwoorde aan die Departement versend word.
|
1.4 |
Skole is ook verantwoordelik om geskikte papier vir hul drukkers te verskaf. Die drukstukke moet binne-in die omslag geplaas word wat verskaf word en aan die Departement versend word. Let asseblief daarop dat slegs een uitdruk per vraag in die omslag geplaas mag word. Drukstukke wat nie nagesien moet word nie, moet apart aan die opsiener na afloop van die eksamen oorhandig word. Hierdie drukstukke moet na afloop van die eksamen vernietig word. Geen kandidaat mag enige drukstukke uit die eksamenlokaal verwyder nie.
|
2.1 |
Prinsipale, sentrumbestuurders en hoofopsieners se aandag word daarop gevestig dat die Rekenaartik-vraestel een verpligte noukeurigheidstoets bevat. Die tyd wat vir die noukeurigheidstoets in Rekenaartik toegeken is, is 10 minute.
|
2.2 |
Die volgende addisionele reëlings in verband met die afneem van die Rekenaartik-eksamen moet noulettend nagekom word:
|
2.2.1 |
Die voorskrifte aan opsieners bepaal dat kandidate 25 minute voor die aanvang van die eksamen tot die eksamenlokaal toegelaat moet word. Kandidate vir Rekenaartik moet egter 35 minute voor die eksamen tot die eksamenlokaal toegelaat word sodat hulle op hul rekenaars kan oefen en dit vir die eksamen gereed kan kry. Kandidate moet egter ongeveer 25 minute voor die aanvang van die eksamen hierdie bedrywighede staak.
|
2.2.2 |
Die eerste gedeelte van die vraestel bestaan uit 'n snel-noukeurigheidstoets van 10 minute. Kandidate moet 15 minute gegun word om die instruksies van die vraestel deur te lees en hulle vir die snel-noukeurigheidstoets gereed te maak.
|
2.2.3 |
Onmiddellik nadat die snel-noukeurigheidstoets afgeneem is, moet hierdie antwoorde gedruk word en deur die opsiener by die laaste woord op elke bladsy geparafeer word. Slegs een uitdruk per kandidaat word toegelaat met die snel-noukeurigheidstoets. Nadat die opsiener seker gemaak het dat alle kandidate hulle snel-noukeurigheidstoets gedruk het, sal die res van die vraestel afgehandel word (2 uur en 50 minute). Na afloop van die 2 uur en 50 minute het kandidate nog 30 minute om drukwerk te doen. Gedurende hierdie 30 minute mag daar geen redigering aan antwoorde wees nie. Prinsipale, sentrumbestuurders en hoofopsieners moet daarop let dat dit ongeveer 4 uur neem om een eksamensessie af te handel.
|
2.2.4 |
Kandidate word toegelaat om meer as een uitdruk van die res van die antwoorde te maak. Sulke uitdrukke moet onmiddellik aan die kandidaat teruggegee word. Geen kandidaat mag opstaan om 'n drukstuk by 'n drukker te gaan haal nie.
|
2.2.5 |
'n Ervare Rekenaartik-opvoeder, wat nie noodwendig die betrokke kandidate se opvoeder hoef te wees nie, moet die volle duur van die eksamen in Rekenaartik in die eksamenlokaal teenwoordig wees om die nodige instruksies aan die kandidate kan gee wanneer om te begin tik en wanneer om op te hou. Die opvoeder mag hulp verleen aan kandidate wat probleme ondervind met hul rekenaars. (Sulke kandidate moet addisionele tyd toegestaan word, gelykstaande aan die tyd wat hulle weens faktore buite hul beheer verloor het.) Die opvoeder moet hom/haar egter streng bepaal by die instruksies wat op die snel-noukeurigheidstoets van toepassing is. Geen ekstra tyd sal toegelaat word vir werk wat verlore geraak het omdat 'n kandidaat nie sy/haar werk gestoor het nie.
|
2.2.6 |
Hoofopsieners en kandidate se aandag word daarop gevestig dat dit noodsaaklik is dat kandidate sorg dra dat hul volle eksamennommers op elke bladsy van alle drukstukke aangebring word.
|
2.3 |
Na afloop van die Rekenaartik-eksamen moet opsieners, met behulp van die prinsipaal, die bladsye van die snel-noukeurigheidstoets binne-in die omslag van elke kandidaat se antwoordstel plaas. Dit kan nie oorbeklemtoon word nie dat hierdie taak uiters versigtig uitgevoer moet word ten einde te verseker dat die korrekte snel-noukeurigheidstoetsbladsye in elke antwoordboek geplaas word.
|
2.4 |
TWEE persone moet te alle tye in die lokaal teenwoordig wees indien daar 10 of minder kandidate is. Vir elke addisionele 10 kandidate moet 'n ekstra toesighouer in die lokaal teenwoordig wees. Hierdie reëling is veral belangrik gedurende die laaste halfuur wanneer kandidate net drukwerk mag doen en geen redigering of tikwerk meer mag doen nie. Daar word sterk aanbeveel dat een van die toesighouers rekenaargeletterd moet wees. Daar word ook aanbeveel dat die Rekenaartik-opvoeder verantwoordelik sal wees om die drukstukke aan kandidate terug te besorg.
|
3. |
Prinsipale en sentrumbestuurders moet toesien dat rekenaars en drukkers wat vir hierdie eksamen gebruik gaan word, in goeie werkende toestand is.
|
>4. |
In die geval van 'n kragonderbreking gedurende die Rekenaartik-eksamen moet die volgende prosedure gevolg word:
|
4.1 |
Kandidate moet in die lokaal bly tot die kragtoevoer herstel word. Kandidate mag nie met mekaar praat terwyl hulle wag dat die kragtoevoer herstel word nie. Die tyd wat tydens die kragonderbreking verloor is, moet as addisionele eksamentyd toegelaat word.
|
4.2 |
Sodra 'n kragonderbreking voorkom, moet die prinsipaal of sentrumbestuurder onmiddellik die plaaslike owerhede daarvan in kennis stel en ook, indien moontlik, verneem hoe lank die kragonderbreking sal duur.
|
4.3 |
Indien die kragtoevoer na 'n uur nog nie herstel is nie, moet die eksamensessie afgelas word. Die Direktoraat: Eksamens moet onverwyld van die aangeleentheid in kennis gestel word en die eksamensessie sal herskeduleer word op 'n datum soos ooreengekom tussen die Departement en die betrokke skool/skole. Die werk wat die kandidate alreeds getik het, moet aan die Direktoraat: Eksamens gestuur word.
|
4.4 |
In gevalle waar daar twee tiksessies gedurende 'n eksamen voorkom, geld bogenoemde reëlings vir beide sessies. Indien 'n kragonderbreking gedurende die eerste sessie voorkom en die eksamen van die eerste sessie afgelas word, moet prinsipale en sentrumbestuurders die nodige reëlings tref om te verseker dat daar voor die aanvang van die tweede sessie hoegenaamd geen kontak tussen kandidate van die eerste en dié van die tweede sessie is nie.
|
5. |
Prinsipale word versoek om voorkomende maatreëls te tref om die moontlikheid van 'n kragonderbreking te voorkom. Die volgende voorsorgmaatreëls word ten sterkste aanbeveel:
|
5.1 |
Toerusting en apparaat wat groot hoeveelhede elekriese krag gebruik, veral in Metaalwerk-, Houtwerk- en Huishoudkundelokale behoort nie gebruik te word gedurende die Rekenaartik-eksamen nie.
|
5.2 |
Alle elektriese apparate, bedrading, verlengingskoorde, muurproppe en muursokke by die skool moet nagegaan word ten einde te verseker dat dit in 'n goeie werkende toestand is. Dit sal verhoed dat kragonderbrekings deur defekte elektriese toerusting en installasies veroorsaak word.
|
6. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes.
|
7. |
U hulp moet bogenoemde prosedures sal waardeer word. |
GETEKEN: A.P. CLAUSEN
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:09:06
|