1. |
Die Departement van Onderwys het ‘n jeughandleiding opgestel oor moontlikhede vir verdere studie.
|
2. |
Die gids sal VOO-leerders van inligting aangaande verdere studie voorsien en beoog om jongmense te ondersteun in hulle besluite aangaande studiemoontlikhede ná graad 12.
|
3. |
Die inligting in die boekie het betrekking op die vereistes vir Leeruitkoms 4, Loopbane en Loopbaankeuses, in die vak Lewensoriëntering in die VOO-band.
|
4. |
Elke hoërskool sal twee afskrifte van die boekie ontvang, wat gebruik moet word as ‘n bykomende hulpbron vir Lewensoriënteringsonderwysers en -leerders.
|
5. |
Die boekie sal in Februarie 2006 aan skole gepos word.
|
6. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokke Lewensoriënteringsonderwysers in die VOO-band te bring en om seker te maak dat Lewensoriënteringsonderwysers toegang tot die boekie het.
|
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:02:03
|