1. |
Skole is vroeër hierdie maand van graad 10 nasionale voorbeeldvraestelle voorsien. Die Nasionale Department het nou ook die aanbevole antwoorde vir die voorbeeldvraestelle aan die provinsies voorsien.
|
2. |
Die aanbevole antwoorde wat as memoranda vir die Graad 10-voorbeeldvraestelle gebruik kan word, is by hierdie minuut ingesluit.
|
2.1 |
Skoolhoofde behoort die oorsiglys wat voorsien is te gebruik om vas te stel of al die aanbevole antwoorde wat hulle skool benodig, ingesluit is.
|
2.2 |
Skoolhoofde word herinner om seker te maak dat die voorbeelde doeltreffend deur hul vakspanne gebruik word om hulle finale graad 10-vraestelle vir die skool op te stel. Onder geen omstandighede behoort die voorbeelde egter in die finale eksamen gebruik te word nie.
|
2.3 |
In Kurrikulumminuut 0072/2006 is skole genooi om kommentaar oor die nasionale voorbeeldvraestelle per faks na die Direkteur Kurrikulumontwikkeliing by 021 467 2620 te stuur . Die Department waardeer die kommentaar wat alreeds van skole ontvang is.
|
2.4 |
Skole kan nog tot 11 Oktober 2006 kommentaar lewer en dit behoort op die skool se briefhoof geskryf te word met die opskrif : Graad 10 Nasionale Voorbeeldvraestelle. Skole kan ook hulle kommentaar aan die adres hier onder stuur vir die AANDAG: J. PARBHOO of hulle kan dit per e-pos stuur aan jparbhoo@pgwc.gov.za.
|
3. |
Skole word versoek om enige navraag oor vraesteltekorte, ens. direk aan die Direktoraat: Eksamens, mnr C. Berry by 021 467 2265 of aan cberry@pgwc.gov.za te stuur.
|
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:10:05
|