1. |
Die WKOD het `n verpakte modulêre kurrikulum vir BOOV vlak 1 - 3 in 2005 bekendgestel (Kurrikullum-ontwikkelingsminuut 0082/2005).
|
2. |
In die modulêre struktuur sal alle assessering sentrumgebaseer wees en daar sal dus geen eksamens vir BOOV vlak 2 en 3 plaasvind soos in die vorige vier jare die geval was nie.
|
3. |
Assessering vir BOOV vlak 1 - 3 sal die volgende insluit:
|
3.1 |
Grondlynassessering vir leerders wat `n module begin om hul leerbehoeftes asook moontlike leerhindernisse te bepaal.
|
3.2 |
Deurlopende assessering as deel van die normale onderwys- en leerproses.
|
3.3 |
‘n Bevoegdheidstaak wat die leerder se algemene vermoë in die module aandui.
|
4. |
Die portefeulje van die leerder behoort die volgende in te sluit:
|
4.1 |
Leerder se persoonlike inligting
|
4.2 |
Assesseringsverslag van die leerder
|
4.3 |
Verklaring van egtheid deur die leerder
|
4.4 |
Alle bevoegdheidstake van die leerder wat deur die opvoeder nagesien is.
|
5. |
Ondersteuning omtrent assessering vir BOOV vlak 1 - 3 kan van die OBOS-kurrikulumadviseurs verkry word.
|
6. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie kurrikullumminuut onder die aandag van alle opvoeders en leerders.
|
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:07:25
|