1. |
Omsendbrief 0005/2006 het aangedui dat die N1 - N3 VOO-kollegeprogram en vakke aan die einde van 2006 beëindig gaan word.
|
2. |
Die Minister van Onderwys het goedkeuring verleen dat Nasionale Sertifikate (Beroep-) vir die NQF2-, NQF3- en NQF4-vlakke van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk toegeken word. Hierdie kwalifikasies word deur die VOO-kolleges aangebied.
|
3. |
Ingevolge die oorgangsreëlings vir die implementering van die nuwe Nasionale Sertifikate (Beroep-), het die nasionale Departement van Onderwys in Omsendbrief S4 van 2006 aangedui dat onsuksekvolle kandidate wat die N1 - N3 program of vakke aanbied die geleentheid sal kry om hierdie program of vakke teen Augustus 2008 oor te skryf. Dit geld vir VOO-kollegestudente.
|
4. |
Leerders in spesiale skole of enige ander onderwysinrigting wat die Senior Sertifikaat met `n kombinasie van Senior Sertifikaat- en N3-vakke insluit, word ook deel van hierdie bogenoemde oorgangsreëlings. Hoofde en onderwysers behoort dus kennis te neem dat die aanbieding van N3-vakke teen Augustus 2008 en nie 2006 soos vroëer aangedui is, uitgefaseer sal word. Hulle behoort dus die nodige reëlings te tref om leerders van hierdie geleentheid bewus te maak.
|
5. |
Maak asseblief seker dat alle onderwysers en leerders van hierdie oorgangsreëlings kennis dra.
|
GETEKEN: S. NAICKER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:08:01
|