1. |
Die voorsiening van 500 onderwysassistente is deel van die WKOD se Intervensiestrategie vir Geletterdheid en Syferkundigheid vir die Grondslagfase.
|
2. |
Hierdie posisies is in die Weekend Argus en Die Burger van 28 Januarie 2006 en die Cape Times van 30 Januarie 2006 geadverteer.
|
3. |
Advertensies sal ook in die plaaslike gemeenskapskoerante verskyn.
|
4. |
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 8 Februarie 2006.
|
5. |
Die inhoud van hierdie minuut en die aanhangsels daarby, moet onder die skoolgemeendskap versprei word en geskikte persone moet aangemoedig word om aansoek te doen.
|
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:01:02
|