2. |
Soos u bewus is, is die toestaan van salarisvordering aan werknemers onderhewig aan die bepalings van die Personeelprestasiebestuur-en-ontwikkelingstelsel. |
3. |
Alhoewel `n ernstige beroep in voormelde minuut op bestuurders en toesighouers gedoen is om alle Bylae E-vorms (Prestasiesertifikate) teen 31 Augustus 2005, by Hoofkantoor in te dien, is daar nog duisende vorms uitstaande. Die versuim om Bylae E betyds in te dien benadeel die betrokke werknemers, aangesien hulle nie hul regmatige maandelikse besoldiging ontvang nie. Indien griewe hieroor ontvang word, sal toesighouers versoek word om verduidelikings te verskaf. |
4. |
Uitstel vir die indiening van Bylae E-vorms word nou tot 14 Oktober 2005 verleen sodat salarisverhogings in Oktober 2005 geïmplementeer kan word. Salarisvordering ten opsigte van diegene wie se Bylae E-vorms teen hierdie datum nog nie ontvang is nie, sal eers oorweeg word nadat die totale modereringsproses van alle staatsdienspersoneel plaasgevind het. |
5. |
`n Vriendelike, dog dringende beroep word op u gedoen om in hierdie verband u samewerking te verleen. |
6. |
Alle staatsdienspersoneel onder u toesig moet asseblief van die inhoud van hierdie minuut ingelig word. |
GETEKEN: JH HURTER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2005:09:19
|