1. |
Die aansoekvorm vir die registrasie van ‘n leerder vir onderwys tuis wat tans in gebruik is, is ondoelmatig en nie in lyn met nasionale beleid nie.
|
2. |
Kringbestuurders word dus hiermee versoek om die bestaande aansoekvorm vir voormelde doel deur die aangehegte gewysigde aansoekvorm te vervang. Hierdie aansoekvorm is onmiddellik van krag.
|
3. |
Aangesien omsendbriewe, minutes en/of aanhangsels slegs in e-posformaat versend word, word daar van amptenare van OBOS-kantore en/of kringbestuurders verwag om hul eie harde kopieë van die aansoekvorm vanaf hulle e-pos te reproduseer.
|
4. |
U samewerking sal waardeer word. |
GETEKEN: W.L. CARELSE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2005:07:21
|